Zechariah 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete beveel het, het hulle nie julle vaders aangegryp nie? en hulle het teruggekeer en gesê: Soos die HERE van die leërskare gedink het om met ons te doen, volgens ons weë en ons handelinge, so het Hy met ons gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Al die dinge wat Ek deur my dienaars die profete gesê het, het met julle voorgeslagte gebeur, net soos Ek gesê het dit sou gebeur. As gevolg hiervan het hulle tot bekering gekom en gesê: ‘Ons het van die Here, die Almagtige, ontvang wat ons verdien het. Hy het gedoen wat Hy gesê het Hy sal doen.’”
Afrikaans 1933/1953
Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die HERE van die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?
Afrikaans 1983
Het die uitsprake, die voorskrifte wat Ek my dienaars die profete laat maak het, dan nie julle voorvaders ingehaal nie? Hulle moes erken: Die Here die Almagtige het met ons gedoen wat Hy Hom voorgeneem het om met ons te doen, presies volgens ons lewe en ons dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar my woorde en voorskrifte, wat Ek my dienaars die profete beveel het, het dit nie julle voorouers ingehaal nie? Hulle het tot inkeer gekom en erken, ‘Soos wat die Here, Heerser oor alle magte, beplan het om aan ons te doen, in ooreenstemming met ons lewe en ons dade, so het Hy met ons gedoen.’ ” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het vir die profete, my dienaars, gesê wat hulle vir julle voorvaders moet sê, en dit het alles gebeur. Julle voorvaders het na My toe teruggekom en gesê: ‘Die Here wat oor alles regeer, het gesê Hy sal ons straf omdat ons verkeerd lewe en verkeerd doen, en Hy hét ons gestraf.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar my profete het die waarheid gepraat. Alles wat hulle vir julle voorouers gesê het, het toe net so gebeur.” Hulle het toe besef dat die Here nie leuens vertel nie. Wat Hy besluit het om met hulle te doen het gebeur. Hulle moes saamstem: hulle het gekry wat hulle verdien het. Hulle het die verkeerde dinge gedoen.