Zechariah 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaria, die seun van Beregja, die seun van die profeet Iddo, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011
Op 15 Februarie van die tweede jaar van koning Darius se regering, het die Here nog ’n boodskap aan die profeet Sagaria, die seun van Berekja, die kleinseun van Iddo, gestuur. Sagaria het gesê:
Afrikaans 1933/1953
Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Dar¡us, het die woord van die HERE tot die profeet Sagar¡a, die seun van Ber,gja, die seun van Iddo, gekom en gesê:
Afrikaans 1983
Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, die maand Sebat, in die tweede regeringsjaar van Darius, het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, die maand Sebat, in die tweede regeringsjaar van koning Darius, was dít die woord van die Here aan die profeet Sagaria, seun van Beregja en die kleinseun van Iddo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het weer met die profeet Sagaria gepraat. Dit was in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, op die 24ste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat. Sagaria was die seun van Berekja en Berekja was die seun van Iddo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op vyftien Februarie, in die tweede jaar wat Darius koning was, wou die Here weer hê dat Sagaria iets vir sy volk moes gaan sê.