Zechariah 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het snags gesien, en kyk, daar ry 'n man op 'n rooi perd, en hy staan tussen die mirtebome wat op die bodem was; en agter hom was daar rooi perde, gespikkeld en wit.
Afrikaans (NLV) 2011
In ’n visioen gedurende die nag het ek ’n man op ’n rooibruin perd sien sit. Hy was tussen mirtebome in ’n laagte. Agter hom was daar rooibruin, bruin en wit perde.
Afrikaans 1933/1953
Ek het in die nag 'n gesig gesien -- daar was 'n man wat op 'n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.
Afrikaans 1983
Ek het in die nag 'n gesig gesien. Daar het 'n man op 'n bruin perd gesit. Hy was tussen die mirtestruike in 'n diep kloof, en agter hom was ruiters op bruin en vos en wit perde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die nag het ek gesien: Kyk, daar was 'n man wat op 'n vosperd gery het. Hy het in die diep vallei tussen die mirtestruike gestaan. Agter hom was daar nog perde, bruines, vosperde en wittes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was in die nag, en die Here het vir my, Sagaria, iets gewys. Daar was 'n man wat op 'n rooi perd gesit het. Hy was tussen mirtebome in 'n diep kloof in 'n berg. Agter hom was nog mense op rooi perde en bruin perde en wit perde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sagaria het vertel wat gebeur het: Een nag het ek ’n droom gesien van ’n man wat op ’n bruin perd sit. Hy het tussen bome in ’n kloof gestaan. Agter hom was ook nog ’n rooi perd, ’n bruine en ’n witte.