Zechariah 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê ek: O my heer, wat is dit? En die engel wat met my gespreek het, het vir my gesê: Ek sal jou wys wat dit is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het toe die engel wat met my gepraat het, gevra: “Meneer, wat beteken al hierdie perde?” “Ek sal jou wys,” het die engel geantwoord.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê ek: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.
Afrikaans 1983
Ek het gevra: “Wat beteken dit, Meneer?” 'n Engel wat vir my die gesig moes uitlê, het vir my gesê: “Ek sal jou laat sien wat dit beteken.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe vra ek: “Wat beteken dit, my heer?” En die engel wat met my praat, antwoord my: “Ek sal jou wys wat dit beteken.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was 'n engel by my. Hy moes vir my sê wat alles beteken. Ek het vir die engel gevra: “Meneer, hoekom is die mense en die perde hier?” Die engel het vir my gesê: “Ek sal vir jou wys hoekom hulle hier is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het gevra: Wat is hier aan die gang, Meneer? ’n Man wat soos ’n engel lyk, het vir my gesê: “Ek sal jou sê wat dit beteken.”