Zechariah 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En mense sal daarin woon, en daar sal geen algehele vernietiging meer wees nie; maar Jerusalem sal veilig bewoon word.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem sal bewoon word, ’n veilige plek en wat nooit weer vervloek of verwoes sal word nie.
Afrikaans 1933/1953
En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
Afrikaans 1983
Daar sal mense woon, en die stad sal nie weer verwoes word nie. Jerusalem sal 'n veilige woonplek wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sal daar woon. Daar sal nie meer 'n volledige vernietiging wees nie; Jerusalem sal veilig gevestig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Jerusalem sal veilig daar woon, en die vyande sal nie weer die stad verwoes nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense sal in Jerusalem kom bly en veilig voel, want die stad sal nie weer verwoes word nie.