Zechariah 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sing en wees bly, o dogter van Sion, want kyk, Ek kom en sal in jou midde woon, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Sing en juig, o Jerusalem, want Ek kom tussen julle woon.
Afrikaans 1933/1953
Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Juig en wees bly, dogter van Sion! Want, kyk, Ek kom in jou midde woon,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet juig en bly wees, want Ek kom nou, en Ek sal tussen julle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê vir die mense van Jerusalem: “Sing en wees bly, want Ek kom weer onder julle bly.”