Zechariah 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En baie nasies sal in dié dag by die HERE aansluit en vir My 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon, en jy sal weet dat die HERE van die leërskare My na jou toe gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011
Baie nasies sal hulle op daardie dag by die Here aansluit en hulle sal ook my volk wees. Ek sal tussen julle woon en julle sal weet dat die Here, die Almagtige, my na julle toe gestuur het.
Afrikaans 1933/1953
En baie nasies sal hulle in die dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na jou gestuur het.
Afrikaans 1983
Daardie dag sal baie nasies hulle aan die Here verbind: hulle sal my volk wees, en Ek sal in jou woon, Sion. Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Baie nasies sal hulle op daardie dag aan die Here verbind. Hulle sal my volk word, en Ek sal in jou midde woon.” Dan sal jy weet dat dit die Here, Heerser oor alle magte, is wat my na jou gestuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daardie dag sal mense van baie volke na My toe kom. Hulle sal ook my volk wees, en Ek sal in Jerusalem woon.” Julle sal weet dat die Here my gestuur het om dit te sê, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In dié tyd sal baie van die nasies kant kies vir die Here. Hulle sal dan deel wees van die mense wat aan Hom behoort. Die Here belowe dat Hy in Jerusalem sal bly. Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, sal julle weet dat ek goed nie uit my duim uitsuig nie. Dit is die Here wat my gestuur het.