Zechariah 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Swyg, o alle vlees, voor die aangesig van die HERE, want Hy is opgewek uit sy heilige woning.
Afrikaans (NLV) 2011
Wees stil voor die Here, mensdom, want Hy kom uit sy heilige woning.”
Afrikaans 1933/1953
Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.
Afrikaans 1983
Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wees stil voor die Here alle mense, want Hy tree te voorskyn uit sy heilige woonplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die mense moet stil wees voor die Here, want Hy kom uit sy gewyde woonplek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Uit respek vir die Here moet mense tjoepstil wees. Hy gaan iets ongeloofliks doen.