Zechariah 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hom: Hardloop, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal bewoon word soos stede sonder mure vir die menigte van mense en vee daarin.
Afrikaans (NLV) 2011
Die ander engel het gesê: “Maak gou en sê vir daardie jong man: ‘Jerusalem sal eendag so vol mense wees dat daar nie genoeg plek vir almal sal wees nie! Baie sal met hulle diere buite die stadsmure leef en tog veilig wees.
Afrikaans 1933/1953
aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
Afrikaans 1983
Hy het vir dié engel gesê: “Hardloop en sê vir daardie jongman: Jerusalem gaan 'n stad sonder mure word, so baie mense en diere gaan daar in hom wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en vir hom sê: “Hardloop en sê vir daardie jong man, ‘Jerusalem sal soos 'n stad sonder mure wees omdat so baie mense en diere daar woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Hardloop terug en gaan sê vir daardie jongman, Sagaria: Jerusalem sal nie mure hê nie, want daar sal te veel mense en diere in die stad wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê toe vir hom: “Hardloop gou en gaan sê vir die jongman met die maatband: Jerusalem gaan nog uit sy nate bars. Daar gaan so baie mense en diere wees dat hulle buite die stad sal moet bly.”