Zechariah 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Ek, spreek die HERE, sal vir haar 'n muur van vuur rondom wees en 'n heerlikheid in haar midde.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal self ’n muur van vuur rondom Jerusalem wees, sê die Here. Ek sal die heerlikheid binne die stad wees!’”
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
Afrikaans 1983
Die Here sê: Ek sal 'n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek self sal 'n muur van vuur rondom Jerusalem wees, en Ek sal heerlikheid in hulle midde wees.’ Dit is die uitspraak van die Here.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here sal self die stad beskerm. Hy sal 'n muur van vuur wees rondom die stad, en 'n lig binne-in die stad.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “Ek sal hulle beskerm. Ek sal vir hulle soos ’n muur van vuur wees wat om hulle gebou is. Binne-in die stad sal hulle weet dat Ek daar is. Hulle sal weet dat Ek groot en sterk is.”