Zechariah 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ho, ho, kom uit en vlug uit die land van die noorde, spreek die HERE; want Ek het julle uitgesprei soos die vier windstreke van die hemel, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Kom weg! Vlug uit die noorde! Ek het julle oor die hele aarde verstrooi.
Afrikaans 1933/1953
Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Kom, kom, vlug uit die noordland! sê die Here. Ek het julle na die vier windstreke toe verstrooi, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Kom, kom! Vlug uit die noorde!” is die uitspraak van die Here. “Want so ver as die vier windstreke van die hemel het Ek julle verstrooi,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê vir die mense van Jerusalem: “Kom, julle moet vlug uit daardie land in die noorde. Ek het voorheen die vyande gestuur om julle weg te vat na baie lande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê: “Maak dat julle wegkom uit die noorde. Ek is daarvoor verantwoordelik dat julle in al vier die windrigtings verstrooi is.