Zechariah 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want kyk, Ek skud my hand oor hulle, en hulle sal 'n buit wees vir hulle dienaars; en julle sal weet dat die HERE van die leërskare My gestuur het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal my vuis oplig om hulle te vernietig en hulle eie slawe sal hulle plunder.” Dan sal julle weet dat die Here, die Almagtige, my gestuur het.
Afrikaans 1933/1953
Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my gestuur het.
Afrikaans 1983
Met een waai van my hand teen hulle gaan Ek hulle die gevangenes van hulle eie slawe maak. Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat die Here die Almagtige my gestuur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, kyk, Ek sal my hand heen en weer oor hulle swaai, en hulle sal buit word vir hulle eie slawe.” Dan sal julle weet dat dit die Here, Heerser oor alle magte, is wat my gestuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Ek sal nou die mense van Babel straf. Hulle eie slawe sal hulle nou vang en wegvat.” Julle sal weet dat die Here my gestuur het om dit te sê, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal self teen hierdie nasies baklei. Hulle slawe sal hulle base word.” Julle sal weet dat die Here my gestuur het wanneer die dinge wat ek gesê het, waar begin word.