Zechariah 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, moet julle elkeen sy naaste noem onder die wingerdstok en onder die vyeboom.
Afrikaans (NLV) 2011
Op daardie dag, sê die Here, die Almagtige, sal elkeen van julle julle bure oornooi na julle huise toe om te deel in julle vrede en voorspoed.”
Afrikaans 1933/1953
In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.
Afrikaans 1983
Daardie dag, sê die Here die Almagtige, sal die mense weer rustig oor en weer na mekaar roep onder die wingerdstokke en die vyebome.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Op daardie dag,” is 'n uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte, “sal julle mekaar uitnooi om onder die wingerdstok en die vyeboom te kom sit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Op daardie dag sal elkeen onder sy vyeboom en sy wingerdstok sit en hulle sal mekaar uitnooi om te kom sit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer dit gebeur, sê die Here, sal almal rus en vrede hê. Hulle sal in vrede saam met hulle bure kuier.”