Zechariah 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir die Satan: Die HERE bestraf jou, o Satan! ja, die HERE wat Jerusalem uitverkies het, bestraf jou. Is dit nie 'n brander wat uit die vuur geruk is nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het vir die Satan gesê: “Ek, die Here, verwerp jou aanklagte, Satan. Die Here wat Jerusalem gekies het, bestraf jou. Hierdie man is soos ’n brandende stuk hout wat uit die vuur gered is.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
Afrikaans 1983
Die Here het vir die Satan gesê: Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem my woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die Here sê aan Satan: “Die Here straf jou, Satan! Die Here wat Jerusalem verkies het, sal jou straf! Is hierdie man nie 'n stuk brandhout wat uit die vuur geruk is nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir die Satan gesê: “Ek sal jou straf. Ek het gesê Jerusalem is my stad. Ek het hierdie man, Jesua, gered soos iemand 'n stuk hout red uit die vuur wanneer dit al klaar begin brand het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir die aanklaer gesê: “Ek dink niks van wat jy nou sê nie. Ek het Jerusalem vir My gekies. Ek wil niks van jou weet nie! Jesua is onskuldig, hy is soos ’n stuk hout wat uit die vuur geruk is. Hy slaag die toets!”