Zechariah 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy antwoord en spreek met die wat voor hom staan en sê: Neem die vuil klere van hom weg. En hy sê vir hom: Kyk, Ek het jou ongeregtigheid van jou laat verbygaan en jou met ander klere aantrek.
Afrikaans (NLV) 2011
Die engel het vir die ander wat daar staan, gesê: “Trek sy vuil klere uit.” Vir Jesua het hy gesê: “Sien jy, ek het jou sonde van jou af weggeneem en ek trek nou vir jou feesklere aan.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.
Afrikaans 1983
en die engel het vir sy helpers gesê: “Trek uit dié liederlike vuil klere van hom.” Vir Jesua het hy gesê: “Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierop het die engel gereageer en aan diegene wat voor hom staan, gesê: “Trek sy besmeerde klere uit.” Vir Josua het hy gesê: “Kyk, ek het jou sondeskuld van jou weggeneem en ek sal vir jou feesklere aantrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir die engele wat voor Hom gestaan het, gesê: “Trek uit Jesua se vuil klere.” En Hy het vir Jesua gesê: “Ek het nou jou sonde vergewe. Hulle mag nou vir jou nuwe klere aantrek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die engel sê toe vir die ander wat voor hom staan: “Trek sy vuil klere uit!” Daarna het die engel vir Jesua gesê: “Ek vergewe jou vir alles wat jy verkeerd gedoen het. Ek gee vir jou splinternuwe klere om aan te trek.”