Zechariah 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, daar is 'n talent lood verhef, en dit is 'n vrou wat in die middel van die efa sit.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die swaar deksel van die mandjie opgelig word, sit daar ’n vrou binne-in.
Afrikaans 1933/1953
En meteens word daar 'n looddeksel opgelig, en daar was 'n vrou wat binne-in die efa sit.
Afrikaans 1983
Toe word die ronde looddeksel van die mandjie opgelig, en daar sit 'n vrou binne-in die mandjie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Meteens word die looddeksel opgelig, en daar sit 'n vrou binne-in die mandjie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die deksel van die mandjie was van lood. Hulle het die deksel opgelig en toe sien ek daar sit 'n vrou binne-in die mandjie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die deksel van die mandjie was van lood gemaak. Toe iemand die deksel oplig, sit daar ’n vrou in die mandjie.