Zephaniah 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in dié dag, spreek die HERE, sal daar 'n geraas van 'n geroep wees van die Vispoort af en 'n gehuil van die tweede af, en 'n groot geraas van die heuwels af.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê ook: “Op dié dag sal hulpkrete opgaan by die Vispoort wat tot by die nuwer deel van die stad sal weerklink. Harde knalslae sal vanuit die heuwels opklink.
Afrikaans 1933/1953
En op die dag, spreek die HERE -- hoor! 'n geskreeu van die Vispoort af en 'n gehuil van die Nuwe Stad af en 'n groot gekraak van die heuwels af!
Afrikaans 1983
Daardie dag, sê die Here, sal daar noodkrete klink uit die Vispoort uit, gehuil uit die tweede stadswyk, harde smartkrete van die heuwels af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, “klink daar 'n noodkreet uit die Vispoort, 'n gekerm uit die nuwe stadsdeel, 'n groot gekraak uit die heuwels.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Daardie dag sal hulle hoor hoe roep die mense by die Vis-poort, hulle sal hoor hoe huil die mense in die Tweede Stad. Hulle sal hoor hoe die heuwels stukkend breek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê wanneer die tyd aanbreek om mense te begin straf, sal daar by ’n ingang van Jerusalem met die naam Vispoort mense wees wat sal skreeu omdat hulle bang en benoud is. Ook in die nuwer deel van die stad sal van die mense hartseer huil. Uit die heuwels in die omgewing sal ’n plofgeluid gehoor kan word soos die afgodsbeelde stukkend val.