Zephaniah 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in dié tyd sal Ek Jerusalem deursoek met kerse en besoeking doen oor die manne wat op hulle afsaksel rus, wat in hulle hart sê: Die HERE sal geen goed doen en geen kwaad doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011
In dié tyd sal Ek in Jerusalem al die donker hoekies met lampe deursoek na hulle wat so selftevrede in sonde lewe. Ek sal hulle straf! Hulle dink mos: ‘Die Here doen niks nie, nie goed of sleg nie.’
Afrikaans 1933/1953
En in die tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
Afrikaans 1983
Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink: die Here doen nie goed óf kwaad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie tyd gaan dít gebeur: Ek gaan Jerusalem met lampe fynkam, Ek gaan afreken met die manne wat verdik op hulle droesem, wat in hulle hart sê, die Here doen nie goed nie en Hy doen nie kwaad nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Op daardie dag sal Ek al die mense soek wat in Jerusalem in die donker wegkruip, die mense wat tevrede is en dink hulle het niks nodig nie. Ek sal hulle straf. Hulle is die mense wat sê: ‘Die Here sal niks doen nie, nie iets wat goed is of iets wat sleg is nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer die Here sy beloofde straf gaan begin uitdeel, sal Hy niemand in Jerusalem laat wegkom nie. Hy sal al die arrogante mense en ook dié wat dink hulle het niemand nodig nie, uitsnuffel en straf. Hulle dink mos dat hulle hulle nie oor die Here hoef te bekommer nie, want hulle sê: “Hy doen tog niks, nie goed of kwaad nie.”