Zephaniah 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal hulle goed 'n buit word en hulle huise 'n wildernis; hulle sal ook huise bou, maar hulle nie bewoon nie; en hulle sal wingerde plant, maar die wyn daarvan nie drink nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die vyand sal juis hierdie mense se besittings plunder en hulle huise verwoes. Hulle sal nie die voorreg geniet om hulle nuwe huise te bewoon nie. Hulle sal ook nie drink van die wyn van die wingerde wat hulle aangeplant het nie.
Afrikaans 1933/1953
En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.
Afrikaans 1983
Hulle besittings sal geplunder word, hulle huise verwoes word. Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie, wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle rykdom gaan buit word en hulle huise sal verlate staan. Hulle gaan huise bou, maar nie daarin woon nie; hulle gaan wingerde plant, maar nie die wyn daarvan drink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vyande sal hierdie ryk mense se goed wegvat en hulle huise afbreek. Hulle sal weer huise bou, maar hulle sal nie in die huise woon nie. Hulle sal wingerde plant, maar hulle sal nie druiwe kry om wyn te maak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hierdie arrogante mense se besittings sal gesteel word en hulle huise vernietig word. Dit sal nie help dat hulle huise bou nie, want hulle sal nie die plesier hê om daarin te bly nie. Dit is ook ’n hopelose saak vir hulle om wingerde aan te plant, want hulle sal nooit die kans kry om van die wyn te drink nie.