Zephaniah 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die groot dag van die HERE is naby, dit is naby en hy is baie haastig, die stem van die dag van die HERE: die held sal daar bitterlik roep.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die verskriklike Dag van die Here is naby. Die dag sal in ’n oogwink aanbreek. Bitter uitroepe sal opklink, dapper mans sal huil.
Afrikaans 1933/1953
Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.
Afrikaans 1983
Die groot dag van die Here is naby, baie naby, dit kom gou. Luister hoe bitter, hoe skril klink die geskreeu van die soldate dié dag!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Naby is die groot dag van die Here, naby en baie vinnig aan die kom. Luister! Die dag van die Here! Dan skreeu die held bitterlik!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die groot dag van die Here is naby, dit is baie naby, dit kom gou. Dit sal 'n baie slegte dag wees, en die soldate sal skree.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit gaan ’n vreeslike tyd wees wanneer die Here mense begin straf. Dit gaan gouer kom as wat mense dink. Dit gaan ’n baie slegte tyd wees. Selfs mense wat vir hulle dapperheid bekend is, sal van vrees skreeu.