Zephaniah 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daardie dag is 'n dag van toorn, 'n dag van benoudheid en benoudheid, 'n dag van verwoesting en verwoesting, 'n dag van duisternis en somberheid, 'n dag van wolke en dik duisternis,
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal Hy sy woede uitstort: ’n Tyd van swaarkry en angs. ’n Tyd van verwoesting en vernietiging. Dis ’n donker, uitsiglose tyd, soos ’n swaar bewolkte dag,
Afrikaans 1933/1953
Di, dag is 'n dag van grimmigheid, 'n dag van benoudheid en angs, 'n dag van woestheid en verwoesting, 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag,
Afrikaans 1983
Dié dag is 'n dag van toorn, 'n dag van nood en benoudheid, 'n dag van storms en verwoesting, 'n dag van donkerte, van duisternis, 'n dag van wolke, van swaar onweer,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daardie dag is 'n dag van gramskap, 'n dag van benoudheid en kwelling; 'n dag van verwoesting en vernietiging, 'n dag van duisternis en donkerte, 'n dag van wolke en diepe duisternis,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Op daardie dag sal die Here kwaad wees. Op daardie dag sal die mense swaarkry. Op daardie dag sal die stormwinde waai. Op daardie dag sal dit baie donker wees. Op daardie dag sal daar donderwolke wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoe lyk hierdie tyd? Dit is ’n tyd waarin mense sal sien dat die Here kwaad is. Juda se mense gaan baie swaarkry en deur vrees verlam word. ’n Mens kan dit beskryf as ’n tyd waarin dinge verwoes en vernietig sal word, ’n donker tyd in Juda se geskiedenis.