Zephaniah 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
'n Dag van basuin en alarm teen die omheinde stede en teen die hoë torings.
Afrikaans (NLV) 2011
’n tyd van trompetgeskal en oorlogskrete wat weerklink oor versterkte stede en vestingtorings.
Afrikaans 1933/1953
'n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.
Afrikaans 1983
'n dag waarop die ramshoring sal blaas en die krygsgeskreeu sal klink teen die vestingstede, teen die hoë hoektorings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n dag waarop die •ramshoring en oorlogskrete oor die versterkte stede en oor die hoë hoektorings weergalm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Op daardie dag sal die vyande die ramshoring blaas en hulle sal skree. Hulle sal kom en hulle sal die sterk mure en die hoë torings van die stede aanval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense kruip in hulle stede weg wat ommuur en versterk is om hulle teen hulle vyande te beskerm. Maar wanneer hulle die trompette hoor blaas en die vyandelike soldate hoor skree, sal hulle weet dat dit oorlog is.