Zephaniah 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal benoudheid oor die mense bring, dat hulle soos blindes sal wandel, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal uitgegiet word soos stof en hulle vlees soos die mis.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek bring benoudheid oor julle. Julle sal loop soos blindes wat pad soek omdat julle teen My, die Here, gesondig het. Julle bloed sal uitgegiet word soos stof, julle ingewande soos mis.”
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
Afrikaans 1983
Ek laat angs die mense pak sodat hulle soos blindes loop, want hulle het teen My gesondig. Hulle bloed sal vergiet word asof dit so min werd is as stof, asof hulle liggame niks meer as uitwerpsel is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ek gaan die mensdom in die noute bring, hulle sal soos blindes voortstrompel, want hulle het teen die Here gesondig. Hulle bloed sal uitgegiet word soos stof, hulle ingewande soos uitwerpsel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Ek sal die mense laat swaarkry, want hulle het sonde gedoen teen My. Hulle sal loop soos blinde mense, hulle bloed sal op die grond val soos stof en hulle derms sal uitkom uit hulle liggame.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sal so bang wees dat hulle heeltemal deurmekaar en onseker sal voel. Dit alles sal gebeur omdat hulle sonde doen. Die Here hou niks daarvan nie. Hy sal hulle laat doodgaan, want Hy dink dat hulle lewe minder werd is as sand of mis.