Zephaniah 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal mens en dier verteer; Ek sal die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke by die goddelose verteer; en Ek sal die mens uit die land uitroei, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
mens en dier, die voëls van die hemel en die visse in die see. Ek laat die goddeloses struikel en vee hulle van die aarde af. Ek, die Here, sê so!
Afrikaans 1933/1953
Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier, aan voëls en visse, Ek gaan 'n einde maak aan dié wat mense laat struikel het, en aan die goddeloses; Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek gaan mens en dier uitwis. Ek gaan die voëls van die hemel en die visse in die see uitwis – ook die struikelblokke saam met die goddeloses. Ek gaan die mensdom uitdelg van die aardbodem af,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal die mense en die diere doodmaak en wegvee, Ek sal die voëls in die lug en die visse in die see wegvee. Ek sal ook die slegte mense wegvee, die mense wat gekeer het dat ander mense reg doen. Ek sal die mense doodmaak en wegvat van die aarde af,” sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy gaan van die mense en diere ontslae raak, van die voëls en die visse en ook die slegte mense wat ander mense verkeerde dinge laat doen. Hy sê ook dat Hy veral die mense op die aarde gaan uitroei.