Zephaniah 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sal ook my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; en Ek sal die oorblyfsel van Baäl uit hierdie plek uitroei, en die naam van die Kemarims saam met die priesters;
Afrikaans (NLV) 2011
Juda en die inwoners van Jerusalem gaan Ek straf. Ek gaan elke greintjie wat oor is van die Baälaanbidding vernietig: die bestaan van die afgodspriesters en hulle priesterskap;
Afrikaans 1933/1953
En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
Afrikaans 1983
Ek gaan my hand uitsteek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem, Ek gaan uit hierdie plek uitroei wat daar nog van Baäl oor is: die naam van die afgodspriesters, van alle priesters:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek gaan my hand teen Juda en al die inwoners van Jerusalem uitstrek. Ek gaan uit hierdie plek alles wat van Baäl oorgebly het, uitroei, die name van die afgodsdienaars, asook die priesters.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek sal die mense van Juda en die mense in Jerusalem straf. Ek sal almal doodmaak wat nog die afgod Baäl dien. Niemand sal die name onthou van die afgode se priesters nie. Ek sal al die priesters doodmaak,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Eerste aan die beurt is die mense van Juda en Jerusalem. Die Here gaan die mense van Juda en Jerusalem straf. Hy gaan alles uitroei wat nog met die aanbidding van Baäl in Jerusalem te doen het. Hy gaan ook sorg dat niemand meer die priesters wat in Baäl se diens gestaan het, kan onthou nie.