Zephaniah 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat die leër van die hemel op die dakke aanbid; en die wat aanbid en sweer by die HERE, en wat sweer by Malkam;
Afrikaans (NLV) 2011
die mense wat op hulle dakke gaan en buig om die sterre te aanbid; die mense wat belowe om trou te wees aan die Here, maar terselfdertyd trou bewys aan Molek.
Afrikaans 1933/1953
en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.
Afrikaans 1983
dié wat op die dakke die hemelliggame aanbid, dié wat die Here aanbid en aan Hom trou sweer maar terselfdertyd ook aan Milkom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook diegene wat op die dakke voor die hemelliggame neerbuig; diegene wat neerbuig, wat by die Here 'n eed sweer én ook by hulle koning 'n eed sweer;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
die priesters wat op die dakke staan en vir die sterre buig, die priesters wat voor die Here buig en belowe om vir Hom presente te bring, maar wat ook belowe om vir die afgod Milkom presente te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy gaan ook ontslae raak van die mense in Jerusalem wat op die dak van hulle platdakhuise klim en neerkniel om die son, die maan en die sterre te aanbid. Dan is daar ook nog ander mense in Jerusalem wat voorgee om die Here te aanbid. Hulle beloof om lojaal aan die Here te wees, maar as hulle ’n eed moet aflê, gebruik hulle die afgod Milkom se naam. Al hierdie mense sal Hy uitwis!