Zephaniah 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat van die HERE afgewend is; en die wat die HERE nie gesoek en na Hom nie geraadpleeg het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek gaan ook die mense vernietig wat My altyd aanbid het, maar dit nou nie meer doen nie. Hulle stel nie meer in die Here belang of raadpleeg Hom nie.”
Afrikaans 1933/1953
Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie.
Afrikaans 1983
dié wat die rug vir die Here draai, na sy wil nie vra nie en Hom nie raadpleeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
diegene wat van die Here af weggedraai het, hulle wat die Here nie opsoek nie en Hom nie raadpleeg nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal al die priesters doodmaak wat opgehou het om My te dien en wat nie meer vir My vra wat hulle moet doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit geld ook die mense wat Hom eens op ’n tyd getrou gedien het, maar dit nie meer doen nie. Hulle wil ook nie meer hê Hy moet hulle lei nie. Hulle vra ook nie meer die Here se raad as hulle dit nodig het nie.