Zephaniah 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op dieselfde dag sal Ek ook almal straf wat op die drumpel spring, wat die huise van hulle HERE vul met geweld en bedrog.
Afrikaans (NLV) 2011
Op dié dag sal Ek die mense straf wat deelneem aan heidense praktyke. Dit sluit mense in wat ander bedrieg en geweld aandoen sodat die huise van hulle meesters vol gemaak word met buit.”
Afrikaans 1933/1953
Ek sal ook op die dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
Afrikaans 1983
Daardie dag sal Ek almal straf wat uit bygeloof nie eens op 'n drumpel trap nie en wat die huis van hulle Koning met geweld en bedrog vul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek gaan op daardie dag afreken met elkeen wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle heersers met geweld en bedrog vul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal almal straf wat nie by die tempel se deur inloop nie, maar wat daar inspring soos die heidene altyd doen. Ek sal almal straf wat wrede dinge doen aan mense. Hulle steel die mense se goed en dan bring hulle die gesteelde goed na die tempel van hulle Koning, die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is ook nie vir die Here aanvaarbaar dat party van die mense net soos die heidene aanbid nie. Hy gaan hulle straf. Hy gaan ook die mense straf wat die koning ryk maak met die skatte wat hulle gekry het deur mense te beroof en te vermoor.