Zephaniah 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kom bymekaar, ja, kom bymekaar, o onbegeerlike nasie;
Afrikaans (NLV) 2011
Reël ’n byeenkoms en vergader, skaamtelose nasie!
Afrikaans 1933/1953
Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!
Afrikaans 1983
Ruk julle reg, onbeskaamde nasie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kom byeen, kom bymekaar, skaamtelose nasie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Israeliete, julle is nie skaam oor alles wat julle gedoen het nie. Julle moet julle lewe verander
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die boodskap van die Here aan die mense van Juda is dat hulle bymekaar moet kom en moet bid. Hulle is eintlik ’n nuttelose klomp mense sonder enige skaamte.