Zephaniah 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soek die HERE, alle sagmoediges van die aarde, wat sy oordeel voltrek het; soek geregtigheid, soek sagmoedigheid; miskien sal julle verborge wees op die dag van die toorn van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Soek die Here, alle nederiges in die land, en doen wat Hy van julle verwag. Soek wat reg is en wees nederig. Miskien sal Hy julle beskerm wanneer die oordeelsdag aanbreek.
Afrikaans 1933/1953
Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid -- miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.
Afrikaans 1983
Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid! Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soek die Here, al die nederiges van die land wat sy opdrag uitgevoer het. Soek geregtigheid, soek nederigheid; miskien vind julle 'n skuilplek op die dag van die Here se toorn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal in die land wat nederig is, moet vra wat die Here wil hê en hulle moet dit doen. Julle moet aanhou om reg te doen en nederig te wees. Miskien sal die Here julle nie straf wanneer Hy kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is van julle wat nederige mense is en graag doen wat reg is. Die beste ding wat julle kan doen, is om uit te vind wat die Here wil hê julle moet doen. As julle probeer om regverdig op te tree en nederig te bly, sal die Here julle miskien teen sy woede beskerm wanneer die tyd aanbreek dat Hy mense gaan straf.