Zephaniah 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wee die inwoners van die seekus, die nasie van die Kretiete! die woord van die HERE is teen jou; Kanaän, die land van die Filistyne, Ek sal jou selfs vernietig, sodat daar geen inwoner sal wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sal ellendig gaan met hulle wat van Kreta af kom, met hulle wat woon langs die kus by die see. Dit is die Here se boodskap vir julle: “Kanaän, land van die Filistyne, Ek sal jou vernietig, en geen inwoners sal meer oorbly nie.
Afrikaans 1933/1953
Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne -- Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.
Afrikaans 1983
Ellende wag vir dié wat aan die kus woon, dié wat van Kreta af kom! Die woord van die Here is teen julle: Ek gaan jou, Kanaän, Filistyneland, so vernietig dat daar niemand in jou woon nie:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wee julle, Kretensers, inwoners van die kusstreek! Die woord van die Here is teen julle. Kanaän, land van die Filistyne, “Ek sal jou vernietig, tot daar geen inwoners oor is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, Filistyne, dit sal sleg gaan met julle wat naby die see woon, julle wat van die eiland Kreta kom. Mense van Kanaän, Filistyne-land, die Here sê Hy sal julle straf. Daar sal nie meer mense in julle land lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Slegte dinge lê voor vir die Filistyne wat langs die see in die land Kanaän bly. Die Here het nie goeie dinge oor hulle te sê nie. Hy sê Hy gaan hierdie deel van die land waar die Filistyne bly, vernietig sodat dit onmoontlik vir mense sal wees om daar te bly.