Zephaniah 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die seekus sal wonings en hutte vir herders wees en krale vir kleinvee.
Afrikaans (NLV) 2011
Die kusgebied sal ’n weiveld wees, ’n kampplek vir herders, en ’n skuiling vir skape.”
Afrikaans 1933/1953
En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.
Afrikaans 1983
die kusstreek sal net 'n weiveld wees waar wagters vee laat wei, 'n plek vir kleinveekrale.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die kusstreek sal vir skaapwagters weivelde wees en vir kleinvee krale.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle woon nou hier naby die see, maar skaapwagters sal hulle skape hier laat wei, hulle sal hier krale maak vir hulle skape en bokke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die gedeelte langs die see sal ’n weiplek vir vee wees met hutte vir die veewagters om in te bly en krale vir die vee.