Zephaniah 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die gebied sal wees vir die oorblyfsel van die huis van Juda; hulle sal daarop wei; in die huise van Askelon sal hulle in die aand slaap; want die HERE hulle God sal hulle besoek en hulle gevangenskap afwend.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sal ook ’n weiplek wees vir die oorblyfsel van Juda. In die aand sal die huise van Askelon hulle rusplekke wees. Die Here hulle God sal vir hulle sorg en hulle weer voorspoedig maak.
Afrikaans 1933/1953
En dit sal wees 'n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.
Afrikaans 1983
Die kusstreek sal die eiendom word van wat daar oor is van Juda: húlle is die kudde wat daar sal wei en snags in die huise van Askelon sal slaap, want die Here hulle God sal Hom oor hulle ontferm en hulle lot verander.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die streek sal behoort aan die oorblyfsel van die huis van Juda; hulle sal daar wei en saans in Askelon se huise gaan lê; want die Here, hulle God, sal vir hulle sorg en hulle lot verander.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Juda wat nog lewe, sal die skape en bokke wees. Hulle sal wei in die Filistyne se land, hulle sal in die aande gaan slaap in die huise van die stad Askelon. Hulle God die Here sal hulle Herder wees, Hy sal hulle seën, sodat dit goed sal gaan met hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nadat die Here sy straf uitgedeel het, sal hierdie kusgedeelte die eiendom word van die mense van Juda wat sal oorbly. Hulle sal in die vlaktes langs die see bly en in die aand in die leë huise in Askelon slaap. Dit sal gebeur omdat die Here wat hulle God is vir hulle omgee en wil hê dat hulle in goeie omstandighede moet lewe.