Zephaniah 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het die smaad van Moab gehoor en die beledigings van die kinders van Ammon, waardeur hulle my volk gesmaad het en hulle groot gemaak het teen hulle grondgebied.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek het gehoor hoe Moab verkleinerend praat, en hoe die Ammoniete die spot dryf. Hulle het my volk verneder en hulle grondgebied bedreig.
Afrikaans 1933/1953
Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.
Afrikaans 1983
Ek het gehoor hoe Moab my volk verkleineer het, hoe die Ammoniete hom met minagting behandel het, hoe aanmatigend hulle was teenoor my volk se grondgebied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek het die gespot van Moab gehoor, die skeldtaal waarmee die kinders van Ammon my volk spot en op hulle grondgebied neersien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Ek het gehoor hoe sleg praat die Moabiete en die Ammoniete oor my volk. Hulle het gemaak of my volk niks beteken nie en hulle dink hulle is self baie belangrik.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê dat Hy gehoor het hoe die mense van Moab en Ammon, Israel se bure, hulle slegsê en met hulle spot. En dan praat hulle ook nog groot oor hoe hulle Israel se grond gaan afvat.