Zephaniah 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, waarlik, Moab sal wees soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra, die voortplanting van brandnekels en soutputte en 'n ewige verwoesting: die oorblyfsel van my volk sal hulle buit, en die oorblyfsel van my volk sal hulle in besit neem.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daarom,” sê die Here, die Almagtige, die God van Israel, “sowaar as wat Ek lewe, Moab sal word soos Sodom en Ammon soos Gomorra. Hulle lande sal vol onkruid en soutpanne wees, ’n woesteny vir altyd. Dié van my volk wat oorleef het, sal hulle beroof. Die oorblyfsel van my volk sal hulle land inneem.”
Afrikaans 1933/1953
Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra -- 'n veld van brandnekels en soutpanne en 'n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.
Afrikaans 1983
So seker as Ek leef, sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moab sal soos Sodom word en die Ammoniete soos Gomorra: 'n veld vol dorings en soutpanne, vir altyd verlate. Dié lande sal buit word vir wat daar oor is van my volk; dié wat oorgebly het van die nasie wat aan My behoort, sal hulle in besit neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Daarom, so seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, “Moab sal soos Sodom word en die kinders van Ammon soos Gomorra: 'n gebied oortrek met onkruid, vol soutputte, 'n onherbergsame plek vir altyd. Die oorblyfsel van my volk sal hulle stede plunder en die res van my nasie sal hulle gebied as erfdeel verkry.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here wat oor alles regeer, die God van die Israeliete, sê: “So seker soos Ek lewe, die Moabiete en die Ammoniete sal word soos Sodom en Gomorra. Daar waar hulle nou woon, sal net doringbossies groei, dit sal wees soos wanneer daar baie sout in die grond is. Daar sal nooit weer iemand woon nie. Die mense van my volk wat nog lewe, sal die Moabiete en die Ammoniete se goed vat en in hulle land gaan woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here is Israel se God en alles in die wêreld behoort aan Hom. Hy sê, so waar as wat Hy leef, Hy sal Moab en Ammon verwoes soos Hy met Sodom en Gomorra gemaak het. Oral in hierdie gebied sal daar brandnetels en brak kolle wees, ’n woeste en verlate plek waar mense nooit weer sal kan bly nie. Die mense van Juda wat die straf van die Here sal oorleef, sal hierdie volke beroof en hulle grondgebied oorvat.