bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
2 Chronicles 1
2 Chronicles 1
Afrikaans 1983
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
1
Salomo seun van Dawid het 'n stewige houvas op sy koningskap gekry. Die Here sy God was by hom en het hom groot mag gegee.
2
Salomo het die hele Israel opgeroep: die bevelhebbers oor duisend en honderd, die regters, elke leiersfiguur in die hele Israel, al die familiehoofde.
3
Salomo en die hele gemeente saam met hom het toe na die hoogte toe by Gibeon gegaan. Die tent van die ontmoeting met God wat Moses, die dienaar van die Here, nog in die woestyn gemaak het, was toe daar.
4
Die ark van God was egter nie daar nie. Dawid het dit in sy dae uit Kirjat-Jearim laat bring na die plek toe wat hy daarvoor reggemaak het, want hy het daarvoor in Jerusalem 'n tent laat opslaan.
5
Die bronsaltaar wat Besaleël seun van Uri, seun van Gur, gemaak het, was opgestel voor die tabernakel van die Here. Salomo en die gemeente het die Here gaan raadpleeg.
6
Salomo het daar op die bronsaltaar offers gebring voor die Here wat in die tent van ontmoeting teenwoordig is. Hy het 'n duisend brandoffers daar gebring.
7
Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Vra wat Ek jou moet gee.”
8
Salomo sê toe vir God: “U het groot trou aan my vader Dawid bewys en my in sy plek koning gemaak.
9
Vervul nou, Here God, u belofte aan my vader Dawid, want U het my koning gemaak oor 'n volk so baie soos die stof van die aarde.
10
Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?”
11
God het vir Salomo geantwoord: “Omdat jy dít besluit het en jy nie rykdom, besittings, aansien of jou vyande se lewens gevra het nie, en ook nie 'n lang leeftyd nie, maar wysheid en kennis waarmee jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer,
12
daarom word die wysheid en kennis aan jou geskenk. Maar Ek gee jou bowendien rykdom, besittings en aansien soos die konings voor jou nie gehad het nie en dié ná jou ook nie sal hê nie.”
13
Daarna het Salomo van die hoogte in Gibeon af, van die tent van ontmoeting af, na Jerusalem toe teruggegaan. Hy was nou koning oor die hele Israel.
14
Koning Salomo het 'n mag van strydwaens en perde opgebou. Hy het veertien honderd strydwaens en twaalf duisend perde besit, waarvan hy party in strydwaposte en ander by die paleis in Jerusalem gestasioneer het.
15
Die koning het goud en silwer in Jerusalem so volop gemaak soos klippe, en seders so volop soos wildevyebome in die Laeveld.
16
Sy perde was afkomstig uit Egipte en Kewé. Die handelaars van koning Salomo het hulle in Kewé gaan koop vir die prys waarop ooreengekom is.
17
Uit Egipte is 'n strydwa vir net minder as sewe kilogram silwer ingevoer en 'n perd vir een en 'n driekwart kilogram. Dieselfde pryse is aan al die Hetitiese en Aramese konings betaal. Die invoer het deur bemiddeling van die handelaars geskied.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36