bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Ezekiel 35
Ezekiel 35
Afrikaans 1983
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 36 →
1
Die woord van die Here het tot my gekom:
2
“Mens, draai jou gesig na die bergland van Seïr toe en tree op as profeet teen hom.
3
Jy moet vir hom sê: So sê die Here my God: “Ek gaan teen jou optree, bergland van Seïr, Ek gaan my hand teen jou uitsteek en jou 'n verlate, verwoeste land maak.
4
Jou stede gaan Ek puinhope maak en vir jou 'n verlate land, en jy sal besef dat Ek die Here is.
5
“Jy was van ouds af 'n vyand van die Israeliete en jy het hulle aan die swaard uitgelewer die tyd toe die ramp hulle getref het en hulle vir hulle sonde gestraf is.
6
So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek laat jou bloed vloei; jou moorde sal jou inhaal. Omdat jy self nie geskroom het om bloed te laat vloei nie, sal die moorde jou inhaal.
7
Ek maak die bergland van Seïr 'n verwoeste, verlate land, Ek roei al wat beweeg, uit hom uit.
8
Ek laat die lyke van sy mense sy berge vol lê; dié wat deur die swaard afgemaai is, sal val op jou heuwels, in jou valleie, in al jou klowe.
9
Ek maak jou vir altyd 'n verlate land, jou stede sal nie weer bewoon word nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
10
“Jy het gesê: ‘Altwee volke en altwee lande is nou myne, ons gaan daardie land vat. Die Here is daar!’
11
“So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek gaan met jou maak wat jy met Israel gemaak het in jou haat teen hulle, in jou woede en jou afguns. Ek sal hulle laat besef wie Ek is wanneer Ek jou straf,
12
en jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het gehoor hoe smalend jy oor die berge van Israel gepraat het toe jy gesê het: ‘Hulle lê verlate, hulle is vir ons gegee om verder te ruïneer.’
13
Julle het groot monde gehad teen My, julle het My vermetel aangespreek. Ek het dit gehoor.”
14
So sê die Here my God: “Die hele wêreld sal juig as Ek jou 'n onbewoonde land maak.
15
So het jy gejuig toe die besitting van Israel 'n onbewoonde land gemaak is. Ek gaan jou ook onbewoon maak. Die bergland van Seïr, die hele Edom, gaan 'n land sonder inwoners word. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 36 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48