bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Job 41
Job 41
Afrikaans 1983
← Chapter 40
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 42 →
1
Hy is wreed as jy hom wakker maak. “Wie wil dan nog teen Mý standhou?
2
Wie wil aan Mý eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My.
3
“Ek wil nog verder praat oor die krokodil, oor sy krag en sy liggaamsbou.
4
Wie kan sy bek oopmaak? Wie kan met 'n toom naby sy tande kom?
5
Wie kan sy kakebene oopbreek, sy kakebene met die verskriklike tande?
6
Op sy rug lê die skubbe in rye vas aan mekaar gesluit:
7
die een so teen die ander dat die wind nie daardeur kan waai nie;
8
die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie.
9
As hy nies, spat die vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad.
10
Daar kom vuur uit sy bek, die vonke waai deur die lug.
11
Daar trek rook uit sy neusgate, soos uit 'n kokende pot op 'n vuur.
12
Sy asem steek vure aan, daar skiet vlamme uit sy bek.
13
Daar is groot krag in sy nek; wie hom sien, word deur angs oorval.
14
Sy vleis is saamgepak asof dit aan hom gegiet is, dit gee nie mee nie.
15
Sy hart is so hard soos klip, so hard soos 'n maalklip.
16
Sterkes vlug as hy die water roer. By die eerste rimpeling gee hulle pad.
17
Wie hom met die swaard steek, rig niks uit nie, ook nie met 'n spies, 'n pyl of 'n assegaai nie.
18
Yster is vir hom soos strooi, brons soos vrot hout.
19
Met pyl en boog jaag jy hom nie op die vlug nie, klippe uit 'n slingervel is vir hom niks nie.
20
Aan 'n knopkierie steur hy hom nie, hy lag as 'n swaard op hom afkom.
21
Die skubbe aan sy onderkant het punte soos potskerwe, soos 'n dorsslee maak dit merke op die modder.
22
Hy laat die diep water kook soos in 'n pot, hy laat die water van die meer skuim.
23
Agter hom lê 'n blink streep op die water, lê die diep water wit van die skuim.
24
Op die grond is niemand sy gelyke nie, hy is 'n ondier sonder vrees.
25
Hy kyk met minagting na diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere.”
← Chapter 40
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 42 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42