bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Jonah 2
Jonah 2
Afrikaans 1983
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 3 →
1
Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God.
2
Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor.
3
U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan.
4
Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
5
Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai.
6
Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered.
7
Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
8
Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.
9
Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.”
10
Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4