bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Leviticus 3
Leviticus 3
Afrikaans 1983
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 4 →
1
“As iemand 'n maaltydoffer wil bring en hy wil dit aanbied uit sy beeste, kan hy vir die Here 'n bul of 'n koei aanbied, maar sonder liggaamsgebrek.
2
Die man sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit by die ingang van die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
3
Dan bied hy uit die maaltydoffer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet wat die binnegoed bedek, die vet aan die binnegoed self,
4
die twee niere met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niere verwyder word.
5
Die Aäroniete verbrand dit op die altaar, bo-op die brandoffer op die vuur. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.
6
“As iemand vir die Here 'n maaltydoffer uit sy kleinvee wil aanbied, kan dit 'n ram of 'n ooi wees, maar sonder liggaamsgebrek.
7
“As die man 'n skaap as offer aanbied, bring hy dit in die teenwoordigheid van die Here,
8
sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäronitiese priesters sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
9
Dan bied die man uit die maaltydoffer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet, naamlik die hele vetstert, teen die stuitjie afgesny, die vet wat die binnegoed bedek, al die vet aan die binnegoed self,
10
die twee niertjies met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niertjies verwyder word.
11
Die priester verbrand dit dan op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer vir die Here.
12
“As die offer 'n bok is, bring die man dit in die teenwoordigheid van die Here,
13
sit sy hand op die dier se kop en slag dit daar voor die tent van ontmoeting. Die Aäroniete sprinkel dan die bloed rondom teen die altaar.
14
Dan bied die man uit sy offer vir die Here 'n vuuroffer aan, bestaande uit die vet wat die binnegoed bedek, al die vet aan die binnegoed self,
15
die twee niertjies met die vet aan wat teen die kruis is, en die punt van die lewer wat saam met die niertjies verwyder word.
16
Die priester verbrand dit op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word. Al die vet is die Here s'n.
17
“Dit is 'n vaste voorskrif vir julle nageslag, waar julle ook al woon: julle mag geen vet of bloed eet nie.”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27