bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Numbers 17
Numbers 17
Afrikaans 1983
← Chapter 16
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 18 →
1
Die Here het vir Moses gesê:
2
“Vra vir die Israeliete twaalf kieries, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Skryf die naam van elke leier op sy kierie.
3
Op Levi se kierie moet jy Aäron se naam skryf. Daar moet net een kierie vir elke stam wees.
4
Sit die kieries dan voor die getuienis in die tent van ontmoeting, waar Ek julle ontmoet.
5
Die kierie van die man wat Ek uitkies, sal bot, en so sal Ek 'n einde maak aan die Israeliete se aanhoudende verset teen julle.”
6
Moses het toe met die Israeliete gepraat, en hulle leiers het vir hom twaalf kieries gegee, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Aäron se kierie was ook onder hulle.
7
Moses het toe die kieries neergesit in die tent met die getuienis, in die teenwoordigheid van die Here.
8
Toe Moses die volgende môre by die tent met die getuienis kom, was daar botsels aan die kierie van Aäron, wat daar was vir die stam Levi. Trouens, daar was nie net botsels aan nie, daar was ook bloeisels en dit het selfs ryp amandels gedra.
9
Moses het toe al die kieries wat in die heiligdom was, na Israel toe uitgebring, en hulle het dit gesien, en elke leier het sy eie kierie gevat.
10
Die Here sê toe vir Moses: “Sit Aäron se kierie terug voor die getuienis, en bêre dit as teken vir die opstandiges. So moet jy 'n einde maak aan hulle verset teen My, sodat hulle nie sterwe nie.”
11
Moses het gedoen presies soos die Here hom beveel het.
12
Die Israeliete het toe vir Moses gesê: “Dit is klaar met ons! Ons gaan tot niet, ons gaan almal tot niet!
13
Elkeen wat maar net naby die tabernakel van die Here kom, sal sterwe. Is dit dan heeltemal klaar met ons?”
← Chapter 16
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 18 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36