bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Nehemiah 1
Nehemiah 1
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 2 →
1
Die woorde van Nehemia, seun van Gagalja. Dit het gebeur in die maand Kislef, in die twintigste regeringsjaar, toe ek in die vestingstad Susan was.
2
Ganani, een van my broers, het daar aangekom, hy en manne van Juda. Ek het hulle uitgevra oor die Judeërs wat ontkom het – die Judeërs wat die ballingskap oorleef het – en oor Jerusalem.
3
Hulle sê toe vir my: “Dié wat nog in die provinsie is en die ballingskap oorleef het, ervaar groot probleme en vernedering. Die muur van Jerusalem is afgebreek en sy stadspoorte is deur vuur verwoes.”
4
Toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en huil; ek het dae lank getreur. Ek het aanhou vas en voor die God van die hemel gebid.
5
Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God, wat die verbond en trou handhaaf vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom,
6
laat u oor asseblief aandagtig wees, en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u dienskneg wat ek vandag, wat ek dag en nag voor U bid oor die Israeliete, u diensknegte, die gebed waarmee ek die sondes van die Israeliete bely wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.
7
Ons het ons uiters sleg gedra teenoor U en nie die gebooie, vaste voorskrifte en bepalings nagekom wat U u dienskneg Moses beveel het nie.
8
Onthou asseblief die woord wat U u dienskneg Moses opgedra het, ‘As julle ontrou is, sal Ek julle verstrooi onder die volke,
9
maar as julle na My terugkeer en my gebooie nakom en dit uitvoer – selfs al is julle verstrooi tot aan die einde van die aarde – sal Ek julle daarvandaan bymekaarmaak en na die plek bring wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon. ’
10
Hulle is tog u dienaars en u volk wat U deur u groot mag en met u sterk hand bevry het.
11
Ag my Heer, laat u oor asseblief aandagtig gerig wees op die gebed van u dienskneg en op die gebed van u diensknegte, wat vreugde daarin vind om ontsag vir u Naam te hê. Laat u dienskneg asseblief vandag slaag, en gee dat daar vir hom barmhartigheid sal wees by hierdie man. ” Ek was in daardie tyd die koning se skinker.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13