bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Numbers 12
Numbers 12
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 11
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 13 →
1
Mirjam en ook Aäron het teen Moses uitgevaar oor die Kussiet wat hy as vrou geneem het. Ja, hy het 'n Kussiet as vrou geneem!
2
Hulle het gesê: “Is dit dan net deur Moses wat die Here gepraat het? Het Hy nie deur ons ook gepraat nie?” Die Here het dit gehoor.
3
Maar die man Moses was baie beskeie, meer as enige mens op aarde.
4
Die Here het dadelik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle drie na die Tent van Ontmoeting!” Hulle drie het toe gegaan.
5
Die Here het in die wolkkolom afgekom. Hy het by die ingang van die tent gestaan en Aäron en Mirjam geroep. Toe hulle twee vorentoe kom,
6
het Hy gesê: “Luister nou na my woorde: “As daar 'n profeet onder julle is, sal Ek, die Here, Myself in 'n visioen aan hom bekend maak; in 'n droom sal Ek met hom praat.
7
Met my dienskneg Moses is dit anders. In my hele huishouding is hy betroubaar.
8
Van aangesig tot aangesig praat Ek met hom, in 'n verskyning, nie in raaisels nie; die verskyningsvorm van die Here sien hy. Waarom was julle dan nie bang om teen my dienskneg, Moses, uit te vaar nie?”
9
Die toorn van die Here het teen hulle ontbrand, en Hy het weggegaan.
10
Toe die wolk van die tent af terugtrek, staan Mirjam daar met 'n velsiekte, wit soos sneeu. Aäron het na Mirjam gedraai en jou waarlik, sy het 'n velsiekte!
11
Aäron het vir Moses gesê: “Asseblief, my heer, moet tog nie die straf vir die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het, op ons lê nie.
12
Laat sy tog nie wees soos 'n doodgebore kind, waarvan die liggaam, wanneer dit uit die moederskoot kom, reeds halfpad verteer is nie.”
13
Moses het toe na die Here om hulp geroep: “O God, asseblief, maak haar tog weer gesond!”
14
Daarop sê die Here vir Moses: “As haar vader haar maar net in haar gesig gespoeg het, sou sy nie sewe dae lank in skande gewees het nie? Laat sy sewe dae lank buite die kamp uitgesluit word; daarna kan sy terugkeer.”
15
Mirjam is toe sewe dae lank buite die kamp uitgesluit, en die volk het nie weggetrek totdat Mirjam teruggekeer het nie.
16
Daarna het die volk van Gaserot af weggetrek en in die Paranwoestyn kamp opgeslaan.
← Chapter 11
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 13 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36