bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Exodus 1
Exodus 1
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 2 →
1
Hier is die name van Jakob se seuns wat saam met hom na Egipte gekom het. Elke seun se huisgesin het saam met hom gekom:
2
Ruben, Simeon, Levi en Juda,
3
Issaskar, Sebulon en Benjamin,
4
Dan, Naftali, Gad en Aser.
5
Jakob het 70 afstammelinge gehad. Josef was al klaar in Egipte toe hulle daar gekom het.
6
Later het Josef en al sy broers wat van Kanaän gekom het, gesterf.
7
Die Israeliete was vrugbaar, hulle het baie geword. Hulle het 'n baie groot volk geword, die land het vol Israeliete geword.
8
Maar toe het 'n nuwe koning oor Egipte begin regeer. Hy het nie vir Josef geken nie.
9
Hy het vir die mense van Egipte gesê: “Die Israeliete is nou meer en sterker as ons.
10
Wanneer ons vyande oorlog maak teen ons, dan sal die Israeliete miskien saam met hulle veg teen ons en hulle sal ons land vat. Kom ons maak 'n plan, sodat hulle nie nog meer kan word nie.”
11
Die farao het die Israeliete toe soos slawe laat werk en hy het mense aangestel om te kyk dat hulle hard werk. Die Israeliete moes vir die farao twee stede bou: Pitom en Rameses. Die farao het kos en ander goed in hierdie stede gebêre.
12
Die Egiptenaars het die Israeliete verdruk, maar dit het nie gehelp nie. Die Israeliete het nog baie meer geword. Die Egiptenaars het die Israeliete gehaat
13
en hulle nog harder laat werk.
14
Hulle het die Israeliete baie swaar laat kry en hard laat werk. Die Israeliete moes stene maak van klei en hulle moes in die grond werk. Die Egiptenaars het hulle soos slawe laat werk. Hulle was nie jammer vir die Israeliete nie.
15
Die koning van Egipte het ook met die Hebreeuse vroedvroue gepraat. Die een vroedvrou se naam was Sifra, en die ander vroedvrou se naam was Pua.
16
Die koning het vir hulle gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue help wat kinders kry, en julle sien dit is 'n seun, dan moet julle hom doodmaak. Maar wanneer dit 'n dogter is, dan mag sy lewe.”
17
Die vroedvroue was bang dat God hulle sal straf, en hulle het nie gedoen wat die koning van Egipte vir hulle gesê het nie. Hulle het die seuns laat lewe.
18
Die koning van Egipte roep toe die vroedvroue en vra vir hulle: “Hoekom doen julle nie wat ek gesê het nie? Hoekom maak julle nie die seuns dood nie?”
19
Die vroedvroue het vir die farao gesê: “Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese vroue nie. Die Hebreeuse vroue is sterk. Wanneer die vroedvrou by hulle kom, dan is die kind al klaar gebore.”
20
[20-21] God was goed vir die twee vroedvroue. God het vir hulle kinders gegee omdat hulle gehoorsaam was aan Hom. Die Israeliete het baie geword, hulle het 'n sterk volk geword.
21
***
22
Daarom het die farao vir al sy mense gesê: “Julle moet elke Hebreeuse seuntjie wat gebore word, in die Nyl-rivier gooi. Maar moenie die dogtertjies doodmaak nie.”
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40