bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Ezekiel 42
Ezekiel 42
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 41
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 43 →
1
Daarna het die man my uitgebring na die buitenste oop stuk grond, by die noordekant. Daar het hy my gebring by die kamer oorkant die oop plek en oorkant die gebou by die noordekant van die tempel.
2
Die gebou by die noordekant van die tempel was 100 el lank en 50 el breed.
3
Die gebou was langs die binneste oop stuk grond wat daar 20 el breed was, en langs die oop plek in die buitenste oop stuk grond. Die gebou was op drie terrasse.
4
Daar was gange voor die kamers langs die binnekant, die gange was tien el breed en 100 el lank. 'n Mens kon van die noordekant in die gange kom.
5
Die boonste kamers was kleiner as die ander kamers onder, want die terrasse het boontoe smaller geword.
6
Die kamers was op drie verdiepings, maar hulle het nie op pilare gestaan soos die oop stukke grond nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as die middelste kamers en die onderste kamers.
7
Daar was 'n muur buite langs die kamers. Die muur was tot by die buitenste oop stuk grond voor die kamers. Die muur was 50 el lank.
8
Die gebou met die kamers wat langs die buitenste oop stuk grond was, was 50 el lank, maar oorkant die tempel was dit 100 el lank.
9
'n Mens kon van die buitenste oop stuk grond by die oostekant inkom in die onderste kamers.
10
Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste oop stuk grond. Dit was oos van die oop plek en oorkant die ander gebou waarin die kamers was.
11
Daar was 'n gang voor die kamers, dit was soos voor die kamers by die noordekant, en die kamers was so groot soos die kamers by die noordekant, en 'n mens kon ook so in die kamers inkom of uitgaan.
12
Op die punt van die gang was daar 'n deur, dit was soos by die kamers by die noordekant. Die gang was langs die muur, oos van die ingang.
13
Die man het vir my gesê: “Die kamers in die noorde en die kamers in die suide wat oorkant die oop plek is, is die gewyde kamers, die priesters wat by die altaar werk, eet die hoog-gewyde offers daar. Dit is 'n gewyde plek, en hulle moet die hoog-gewyde offers daar neersit, dit is die koring-offer, die sonde-offer en die skuld-offer.
14
Die priesters wat in die gewyde plek ingekom het en wat daar gewerk het, moet eers hulle klere uittrek voordat hulle uitgaan na die buitenste oop stuk grond. Hoekom? Want die priesters se klere is gewyd. Hulle moet ander klere aantrek voordat hulle by die ander mense op die buitenste oop stuk grond kom.”
15
Die man het die tempel klaar gemeet langs die binnekant en die buitekant. Toe het hy my buitetoe gebring deur die buitenste oos-poort en hy het die tempel-gronde buite-om gemeet.
16
[16-20] Die tempel-gronde was 500 meetriete lank en 500 meetriete breed, en daar was 'n muur rondom, die muur het die gewyde plek geskei van die wêreld daarbuite.
← Chapter 41
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 43 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48