bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Genesis 15
Genesis 15
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 14
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 16 →
1
Hierna het Abram gedroom die Here sê vir hom: “Abram, jy moenie bang wees nie. Ek sal jou beskerm. Ek sal vir jou baie gee.”
2
Toe sê Abram: “Here, my Here, wat kan U vir my gee? Ek het nie kinders nie, en Eliëser, die man uit Damaskus, sal eendag al my goed erf.
3
U het nie vir my 'n nageslag gegee nie, en daarom sal een van my slawe alles erf wat ek het.”
4
Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie 'n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.”
5
Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.”
6
Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom.
7
Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.”
8
Toe vra Abram: “Here, my Here, hoe kan ek seker wees dat hierdie land myne sal wees?”
9
En die Here sê vir hom: “Bring vir My 'n vers-kalf en 'n bok en 'n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook 'n tortelduif en 'n ander duif.”
10
Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie.
11
Die aasvoëls het gekom om die dooie diere te vreet, maar Abram het hulle weggejaag.
12
Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap.
13
Toe sê die Here vir Abram: “Jou nageslag sal gaan woon in 'n land wat nie hulle eie land sal wees nie. Hulle sal vreemdelinge wees, maar hulle sal slawe wees, en die mense sal hulle 400 jaar lank verdruk. Dit is seker.
14
Maar Ek sal die volk straf wat hulle slawe laat word het. Daarna sal jou nageslag weggaan en hulle sal baie goed hê.
15
Met jou sal dit goed gaan totdat jy sterf en jy sal oud wees wanneer hulle jou begrawe.
16
In die vierde geslag sal jou nageslag weer terugkom na hierdie land. Dan sal dit die regte tyd wees om die Amoriete te straf oor hulle baie sonde.”
17
Die son het ondergegaan en dit het donker geword. Daar kom toe vuurvlamme en rook wat deurgaan tussen die stukke vleis van die diere wat geslag is.
18
Daardie dag het die Here 'n verbond gemaak met Abram. Die Here het vir Abram belowe: “Ek gee vir jou nageslag hierdie land, van die Egipte-spruit tot by die groot Eufraat-rivier.
19
Dit is die land van die Keniete, die Kenissiete, die Kadmoniete,
20
die Hetiete, die Feresiete, die Refaïete,
21
die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete.”
← Chapter 14
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 16 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50