bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Malachi 4
Malachi 4
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
1
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die dag is nou naby, en die dag brand soos 'n vuur. Al die hoogmoedige mense en almal wat verkeerd doen, sal soos kaf wees, en op daardie dag sal hulle verbrand. Daar sal niks van hulle oorbly nie.
2
Maar die son sal skyn oor julle wat My eer. Die son se strale sal julle red en julle gesond maak. Julle sal vry word en rondspring soos kalwers wat genoeg kos gekry het.
3
Op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen, sal julle op die slegte mense trap. Hulle sal wees soos kaf wat verbrand het.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
4
Die Here sê: “Julle moet onthou wat my dienaar Moses vir julle geleer het. Ek het vir hom al die wette gegee op Sinai-berg, en die wette is vir al die Israeliete.
5
Maar Ek sal die profeet Elia na julle toe stuur voordat daardie groot dag van die Here kom, die dag wanneer almal bang sal wees.
6
Elia sal die pa’s en hulle kinders weer bymekaar bring. Hulle sal weer lief wees vir mekaar. As dit nie gebeur nie, dan sal Ek kom om die mense op die aarde te straf.”
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
All chapters:
1
2
3
4