bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Matthew 3
Matthew 3
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 4 →
1
In daardie tyd het Johannes die Doper na die woestyn van Judea gekom en daar gepreek.
2
Hy het gesê: “Julle moet verander en lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”
3
Die profeet Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het: “ Iemand skree in die woestyn en hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here, julle moet sy paaie reguit maak.”
4
Johannes se klere was van kameelhare gemaak en hy het 'n belt van leer om sy heupe gedra. Hy het sprinkane geëet en heuning wat hy in die woestyn gekry het.
5
Toe het die mense van Jerusalem en die hele provinsie Judea en van plekke naby die Jordaan-rivier na hom toe gegaan.
6
Hulle het gesê hulle is jammer oor hulle sondes, en Johannes het hulle in die Jordaan-rivier gedoop.
7
Johannes het gesien baie van die Fariseërs en Sadduseërs kom sodat hy hulle moet doop. Hy sê toe vir hulle: “Julle is so skelm soos slange! Julle sal nie kan wegvlug wanneer God se straf kom nie.
8
Nee, julle moet wys julle het verander en dat julle nou lewe soos God wil hê. Julle moet wys julle is soos bome wat goeie vrugte dra.
9
Julle sê vir mekaar: ‘Ons is kinders van Abraham,’ en julle dink dáárom sal God julle nie straf nie. Maar Ek sê vir julle: God kan van hierdie klippe kinders vir Abraham maak.
10
God het al klaar begin om te oordeel. Dit is soos wanneer iemand met 'n byl elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, afkap en in die vuur gooi.
11
Ek doop julle met water om te wys julle wil lewe soos God wil hê. Maar later sal daar Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale vir Hom te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
12
Hy sal die mense oordeel. Dit sal wees soos wanneer iemand 'n vurk neem en die koring en die kaf op sy dorsvloer van mekaar skei. Hy maak die koring bymekaar en bêre dit in sy stoorkamer, en hy verbrand die kaf. Die oordeel van God sal wees soos 'n vuur wat nie ophou brand nie.”
13
Jesus het van die provinsie Galilea gekom en Hy het na die Jordaan-rivier gegaan. Hy het na Johannes toe gegaan en gesê Johannes moet Hom doop.
14
Johannes wou dit nie doen nie. Hy het gesê: “Dit is nie reg dat ek vir Ú doop nie, U moet vir mý doop. Hoekom kom U na my toe?”
15
Maar Jesus sê vir hom: “Doen wat Ek vra en doop My. Ons moet dit doen. Ons moet alles doen wat God wil hê ons moet doen.” Toe het Johannes gedoen wat Jesus gevra het, hy het Hom gedoop.
16
Nadat Johannes vir Jesus gedoop het, het Jesus dadelik opgestaan uit die water. Toe gaan die hemel oop, en Johannes sien die Gees van God kom af na Jesus toe soos 'n duif uit die lug afkom.
17
Jesus het ook gehoor Iemand sê uit die hemel: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28