bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Proverbs 2
Proverbs 2
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 3 →
1
My seun, hoe sal jy vir God leer ken? As jy luister na my en onthou wat ek vir jou sê,
2
as jy goed luister na wysheid en regtig probeer verstaan,
3
ja, as jy sê jy wil verstaan, as jy vra hoe jy verstandig kan word,
4
as jy dit so graag wil hê soos jy geld wil hê, en daarna soek soos jy na kosbare dinge sal soek,
5
dan sal jy verstaan hoe jy die Here moet dien, dan sal jy vir God leer ken.
6
Want dit is die Here wat wysheid gee, Hy sal vir jou leer om te weet en te verstaan.
7
Hy gee vir eerlike mense ware wysheid, Hy beskerm mense wat heeltemal reg lewe.
8
Hy laat hulle altyd reg doen, Hy beskerm die lewe van die mense wat aan Hom behoort.
9
As jy luister na my, dan sal jy verstaan wat dit is om reg te lewe en reg te doen en regverdig te wees, jy sal altyd op die regte pad loop en die regte dinge doen.
10
Die wysheid sal in jou kom woon en dit sal vir jou lekker wees om dinge te weet.
11
As jy verstandig en versigtig is, dan sal jy veilig wees.
12
Dit sal jou help om nie verkeerd te lewe nie, dit sal jou red van mense wat jou wil bedrieg,
13
want hulle is mense wat opgehou het om die regte dinge te doen en wat in die donker loop.
14
Dit is vir hulle lekker om verkeerd te doen, hulle juig wanneer 'n slegte mens iemand wil bedrieg.
15
Hulle is mense wat nie op die regte pad kan loop nie, hulle hou aan om verkeerd te lewe.
16
As jy luister na my, dan sal dit jou red van die slegte vrou, 'n ander man se vrou wat jou wil verlei,
17
die vrou wat haar eie man gelos het en wat die ooreenkoms vergeet het wat sy voor haar God gemaak het.
18
In haar huis is jy naby die dood. As jy saam met haar gaan, dan is jy al klaar op die pad na die mense wat dood is.
19
Mense wat na haar toe gaan, kom nie terug nie, hulle kom nie weer op die pad van die mense wat lewe nie.
20
Jy moet luister na my, sodat jy kan lewe soos goeie mense lewe, sodat jy kan lewe soos mense wat reg doen,
21
want dit is die eerlike mense wat in die land sal woon. Die mense wat heeltemal reg lewe, sal aanhou lewe in die land.
22
Maar die mense wat verkeerd doen, vir húlle sal God wegvat uit die land. Hy sal die mense wat ontrou is aan Hom, wegvat uit die land.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31