bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
2 Chronicles 1
2 Chronicles 1
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
1
Salomo, Dawid se seun, het sy greep op die koningskap versterk. Die Here sy God het hom gehelp en hom al hoe sterker gemaak.
2
Salomo het toe al die leiers van Israel, die hoër en laer offisiere, die regters, die politieke leiers en die familiehoofde bymekaargeroep.
3
Hulle het almal na die hoogte op die berg by Gibeon gegaan. Dit is die plek waar die tent destyds gestaan het waar die Here sy volk ontmoet het. Dit is die tent wat die Here se dienaar Moses nog in die woestyn gemaak het.
4
Die ark met die ooreenkoms tussen God en sy volk was egter nie daar nie. Dawid het die ark uit Kirjat-Jearim na Jerusalem laat bring en dit in ’n tent neergesit wat hy spesiaal daarvoor opgeslaan het.
5
Die bronsaltaar wat Besaleël, Uri se seun en Gur se kleinseun, gemaak het, was wel in Gibeon voor die tent van die Here. Salomo en die leiers het dit besoek om die Here te raadpleeg.
6
Salomo het die altaar voor die tent gebruik om offers te bring. Hy het 1 000 brandoffers gebring.
7
Dié nag het die Here aan Salomo verskyn en vir hom gevra: “Wat wil jy graag hê? Ek sal dit vir jou gee.”
8
Salomo het geantwoord: “U was baie goed vir Dawid, my pa. Nou het U my in sy plek koning gemaak.
9
U belofte aan hom is vervul. Ek is nou koning oor ’n volk wat so baie mense het soos die stof op die aarde.
10
Gee my tog wysheid en kennis om hulle goed te regeer, want hoe anders kan ’n mens hierdie groot volk van U regeer?”
11
God het Salomo geantwoord: “Aangesien jy jou volk wil help en nie gevra het vir rykdom of eer, of dat jou vyande moet sterf, of selfs vir ’n lang lewe nie, maar vir wysheid en kennis om goed te regeer,
12
sal jy beslis kry wat jy gevra het. Maar Ek sal jou meer as wysheid en kennis gee: Ek sal jou ook meer geld en skatte en eer gee as wat enige koning vóór jou nog gehad het, of enigeen ná jou ooit sal hê.”
13
Salomo het na Jerusalem toe teruggegaan en daar oor Israel regeer.
14
Salomo het ’n sterk weermag opgebou. Dit het 1 400 strydwaens en 1 200 ruiters ingesluit. Hy het hulle in die strydwadorpe gestasioneer en party naby hom in Jerusalem gehou.
15
In Salomo se tyd het silwer en goud in Jerusalem so volop soos klippe geword en sederhout so volop soos die hout van die wildevyebome wat in die laerliggende dele van die land groei.
16
Salomo se perde is uit Egipte en Silisië ingevoer. Sy aankopers het hulle teen die gewone prys in Silisië gekoop.
17
’n Strydwa is destyds vir byna sewe kilogram silwer uit Egipte ingevoer en ’n perd het byna een en ’n driekwart kilogram silwer gekos. Salomo se handelaars was ook die middelmanne wat die Hetitiese en Aramese konings van strydwaens en perde voorsien het.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36